Hallo almal - nou gaan ek sommer aan in Afrikaans. Laat weet as julle nie verstaan nie. Weens heelwat redes, van mense wat bykom, en ander wat ongelukkig nie saam kan uitstal nie, dink ek is dit veiliger om die naam Friends-in-Art te gebruik vir die uitstalling.
Ek het ook mbv 'n vriendin witwyn in die hande gekry teen onder 15 rand 'n bottel met 4 ster van John Platter met die etiket, "friends" - "very aptly named". DUS hoef niemand witwyn te bring nie. Ek het weliswaar 'n 16e bottel getoets, en dis lekker drink wyn met kos, en ons moet dit nie hou nie - wat ideaal is.
Goed, die ander faktor: die koste. Die lokaal is R200 per persoon as ons 15 is. Die kaartjies, en ander goed soos ys, glase huur, bietjie blomme of so iets, en ander kostes die res en die wit wyn per kop.....R275. Ek dink dis billik....ons maak nie geld uit mekaar nie, maar gee mekaar die geleentheid vir blootstelling....en ons GENIET dit ook.
Ek hoop julle "create" dat dit KLAP!
Groete aan almal - voel asb welkom om posts te doen op hierdie blog...van nou af sal al die nuutste info hier verskyn.
Anita
0824155609
Thursday, March 18, 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment